Tuis

Toerlede

1 Kommentaar

Bernard en Lanette Lamprecht van Vredendal

Johan en Leebia Engelbrecht van Vredendal

Christal en Hannie Brand van Vredendal

Petra en Christelle Strydom van Port Elizabeth

Koos en Yvonne Muller van Okahandja

Russell en Corli Geldenhuys van Vredendal

Helgard en Riana Muller van Pongola

Albie en Suzie Bakker van Clanwilliam

Piet en Matilda Brynard van Calvinia

Wally en Yvonne Bester van Otavi

Hannes en Joey Nieuwoudt van Karasburg

Anita Auret en Ansie de Waal van Lutzville en Vredendal onderskeidelik.

Andrew en Annette Koorts van Swakopmund

Appie en Driekie de Klerk van Vredendal

Basie en Helene van Wyk van Aranos

Schalk en Liesie Strauss van Aranos

Braam en Sarie Coetzee van Vredendal

Hendrik en Sanette Arp van Vredendal

Willem en Annette Smit van Vredendal

Neal en Hermien van den Berg van Windhoek

Patric en Jakkals van Uri Adventures Walvisbaai

Dag 14 Vrydag 25 Mei

2 Kommentaar

Dis half onwerklik om te besef die laaste dag van die Radio Namakwaland 2012 Toer het aangebreek. Twee weke gelede was almal besig om die laaste pakwerk te doen. Vanoggend was dit die laaste pakwerk, maar die keer om huistoe te gaan. Vanaand slaap ons  in Irindie en daar is dit wit lakens en  Lodgekos.

Ons kamptoer is egter gisteraand laatnag afgesluit met ‘n leeu wat net buite ons kampplek in Namutoni  oorverdowend vir maklik 20 minute lank gebrul het. Daar was ‘n paar toerlede wat baie benoud was en selfs oortuig was dat die leeu binne in die kampterein was. Maar watter beter manier kan mens kry om n toer af te sluit met sulke naggeluide.

Dit was natuurlik 5 uur opstaan  vanoggend, 6 uur  ontbyt en half sewe was ons in die pad.  Stiptelik soos vanaf die eerste dag op die toer  is daar vir niemand gewag nie.

Die uitklaar by die hek was vinnig en maklik en gou gou was die konvooi van 20 voertuie op die pad.

Op Otjiwarongo is daar brandstof getap en soos beplan stop ons 1 uur voor die ontvangs van Erindie. Voor ons afpak word daar eers aangesit vir middagete en elkeen geniet die andersheid van aansit ete met wit servette.

Na ete is daar nie  tyd gemors  voor 4 voertuie die groep op ‘n wildsbesigtigingsrit  neem nie. Almal is nie ewe gelukkig nie maar daar word wildehonde, renosters, leeus en aardwolwe gesien.

Terug by die lodge, nadat twee voertuie ‘n pap wiel gehad en een in’ n gat vasgeval het, sit ons alweer aan vir ete. Na ete word daar dankie gesê en pryse uitgedeel. Johan Potlood sluit ons toer af met n baie spesiale boodskap wat gaan oor die Christen atiës, die feit dat ons nie altyd leef soos wat ons bely nie, en veral oor die sonde van bekommernis.

Môreoggend  is elkeen op sy eie en die harde werklikheid van dagboeke, vergaderings en  gewone werk lê voor.

Dag 13 Donderdag 24 Mei

Lewer kommentaar

Ons voorlaaste dag het aangebreek en ons word wakker van die trompetter van olifante by die watergat op Halali.  Almal is uitgerus en vroegoggend word die watergat besoek terwyl sommige voor ontbyt reeds die kans gebruik om wildbesigtiging te doen.  Alhoewel die wild nie so volop is soos die vorige twee dae nie, is daar besondere suksesse.  Ons het so lank gewag vir die Cheetas en Neal is gelukkig om sommer twee raak te sien.  Groot opgewondenheid heers en gou-gou is almal oppad om ook ‘n foto te probeer neem.  Corli sien uiteindelik haar eerste leeu en dit nogal ‘n mooi maanhaar.  ‘n Ander rare verskynsel is ‘n kameelperd wat ‘n been kou wat aan sy kakebeen vasgehaak het en waarskynlik sy dood kan beteken aangesien hy nie kan suip nie. ‘n Pragtige renoster is ook weer gesien en natuurlik al die ander wildsoorte soos gemsbokke, rooibokke, springbokke, blouwildebeeste, koedoes, olifante en selfs weer ‘n leeu.

Almal het baie opgewonde by die kamp op Namutoni aangekom en al die stories is oor en weer vertel en foto’s met mekaar gedeel.  Daar kon lekker vroeg gewas en mooigemaak word vir ‘n lekker kuier voor sononder.  Daar is selfs botscha balle gespeel.  Die toer is amper op ‘n einde.  Ons het sommer vroegaand klaar geet en vroeg ingekruip, want more moet daar vroeg opgestaan word vir optog na Erindi.

Dag 12 Woensdag 23 Mei

2 Kommentaar

Vroegoggend was daar ‘n paar dapperes wat met die oopmaak van die park se hek gereed was om ‘n paar diere te gaan soek.  Die vroeg opstaan is sommer gou gou beloon toe Koos Muller die Leeuwyfie reg langs die pad opmerk. Die kameras het gekliek en genoeg fotos is geneem. Moet nou nie die wildsbokke en kameelperde vergeet nie. Daar was genoeg van alles en die opgewondenheid was groot.

Ontbyt is verskuif na 9 uur sodat daar eers in die veld gekuier kan word en na ontbyt het Petra  vir ons die oggend toewyding waargeneem.  Sy boodskap was uit Prediker 9 en het ons daarop gewys dat God wil hê dat ons dit moet geniet.

Ons eskepades met die Park bestuur van die vorige aand is vroegoggend uitgesorteer en  almal kon gemaklik en vol vreugde die dag aanpak.

Die groeplede het elkeen op sy eie beweeg en moes net sorg dat hulle voor sononder by Halali is.

Meeste van ons toerlede was gelukkig genoeg om Leeus  Olifante, Renosters  en al die boksoorte te sien. Vir almal was die dag een groot bederf.

Vanaand sal daar sekerlik weer laataand by die watergat gekuier word.  Môre is dit die voorlaaste dag van die toer en die laaste dag in die Etosha Panne.  Dit beteken elke minuut moet uitgekoop word.

Baie dankie vir al die boodskappies.  Ons lees dit vir die groep voor en hulle geniet dit geweldig.

Dag 11 Dinsdag 22 Mei

1 Kommentaar

Dis vroeg pak. Ons ry vandag met ‘n baie mooi pad oor Grootberg en dan deur Kamanjab tot by Okaukuejo in die Etosha Panne.  Hier moet jy maar klaarmaak vir laatnag se kuier by die watergat. Na my mening die

Ons groet vanoggend vir Palmwag. Dit was ‘n heerlike kuier en almal is opgewonde om die pad oor Grootberg Kamanjab toe te vat. Dis  soos baie voriges, ‘n pragtige roete en ons sien ‘n klomp wild. Olifante, kameelperde, koedoes en gemsbokke.

Basie van Wyk het nie ‘n gelukkige dag nie en het sy tweede pap wiel. Die manne los die probleem gou gou op en almal is behoorlik binne minute op die pad.

In Kamanjab lyk dit weereens soos ‘n inval toe twintig voertuie die enigste brandstofpomp in die dorp bestorm. Terwyl die manne die voertuie hervul beset die vrouens die winkel wat behoorlik van ‘n speld tot n poliesieman in voorraad hou. Riana Muller is egter teleurgesteld toe sy ontdek dit is die winkel waarvan ons praat en dat daar nie ‘n “Mall” op Kamanjab is soos daar op die pad gespot is nie.

Ons  gaan die Etosha Panne by die splinternuwe Galton hek binne en gaan maak eers ‘n draai by Dolomite Camp vanwaar ons die pad aandurf Okaukujo toe. Die pad is vol wild en almal kry kans om fotos te neem.

‘n Misvertstand tussen ons die die beamptes van die park hou ons ‘n hele ruk besig maar uiteindelik staan die tente en ons kan aandete nuttig. Daar word vanaand glad nie om die vuur gekuier nie want daar is ‘n pragtige watergat waar meeste van ons al reeds renosters, olifante en verskeie ander diere gesien het. Twyfel bestan oor hoeveel vanaand geslaap sal word.

mooiste en aktiefste watergat in die Panne. Ons slaap by Okaukuejo!

Dag 10 Maandag 21 Mei

1 Kommentaar

Die aankoms gisteraand in Xaragu het ons nie baie tyd gelaat om die terein te verken en te sien hoe die omgewing lyk nie….dus was die wakker word ‘n aangename verrassing. ‘n Pragtige plek binne  die verlatenheid van hierdie omgewing. Dis netjies. Die  badkamers, toilette en die hele terein word goed in stand gehou en die personeel is baie vriendelik. Nadat Bernard die toewyding van die dag hanteer het en ons met n uitdaging ten opsigte van vergewensgesindhied gelaat het, is almal gereed vir die dag. ‘n Dag wat ons eers neem na die Wondergrot, ‘n sinkgat in die omgewing. Daarna is daar brandstof getap by ‘n baie interessante vulstasie by Twyfelfontein.

Vandag is die verjaardag van Heleen van Wyk en hulle nooi die hele toergroep vir koek en tee by die pragtige Twyfelfontein Lodge. Daarna gaan kyk ons na die Orrelpyppe, klippe wat werklik op n afstand jou laat dink aan die pype van n orrel in een van ons ouer kerke. Hiervandaan is ons na die Verbrande Berg en Albie Bakker gee ons ‘n insigewende lesing oor die oorsprong en ontwikkleing van al hierdie verskynsels.

Met twee dae gelede se mislukte olifantsoektog nog vars in die geheue besluit ons tog om met nuwe inligting op ‘n nuwe plek na nuwe olifante te gaan soek. Na ‘n paar draaie in die Abba Huab Rivier sien Annette die eerste olifante en die hele groep is binne minute daar om die groep te aanskou en te fotografeer. ‘n Rukkie later kry ons gemsbokke, volstruie, ‘n springbok en sowaar, weer ‘n trop olifante. Een alleenloper versper ons pad en  na ‘n rukkie se wag besluit ons om die aftog te blaas en maar ‘n ent van hom af deur die dik sand ‘n ompad te volg. Soos sulke goed soms gebeur val Christal en Hannie se voertuig regoor die olifant in die sand vas. Die manne help vinnig en versigtig met een oog al die tyd op die olifante. Die volgende oomblik besluit die olifant…..genoeg is genoeg, julle moet nou koers kry uit my gebied, en skielik is Christal se voertuig bo-op die sand en met n paar sugte van verligting uit die olifant se pad.

Na n klompie kilometer van ons laaste “Off Road” paadjies bereik ons Palmwag, ‘n pragtige lodge en een van die oudstes in Namibië.

Ons kosspan arriveer weereens na ons op die toneel maar daar word vanaand lekker skaaprib gebraai met mielies en skorsies…en nagereg.

Dag 9 Sondag 20 Mei

Lewer kommentaar

Soos gebruiklik op ons toere is die klomp vroeg op en na ontbyt hou Johan Potlood vir ons ‘n erediens wat weereens almal aan die dink sit en selfondersoek laat doen. Na die diens is almal vinnig gereed om die veelbesproke Divorce Pass aan te durf. Ons wonner almal waar die naam regtig vandaan kom. Voordat ons egter by die pas uitkom besoek ons eers die uitgewerkte en geslote my van Brandberg-Wes. Sommige ry af in die oopgroef tot onder by die water maar niemand is lus om so vroeg op n Sondagoggend hulle lywe in die water te waag nie. Ons kyk klaar en vertrek op ons roete na Xaragu wat kamplek vir die aand naby Twyfelfontein en net noord van die Abba Hoabrivier geleë is. Die eerste deel is reeds effens moeilik maar heel begaanbaar met self n Volkswagen Tiguan wat ons volg.

Onder in die Ugabrivier steek die Tiguan ons verby en storm die eerste deel van die werlike pas. Ons is stom van verbasing. Vir ons is dit klim en klouter teen die pas uit met diep gate en groot klippe. Die eerste bandverlies van die toer vind dan ook juis op hierdie roete plaas. Teen die tyd dat Anita en Ansie agterkom dat hulle voertuig se regtervoorwiel pap is was die band nie juis meer vreeslik herkenbaar as n buitenband nie.

Die omgewing kan net beskryf word as ‘n broeiplek van klippe. Dis klippe in alle formate en formasies. Die tempratuur styg by tye tot 37 grade maar almal druk deur.

Dan skielik ons verrassing van die dag. In die middel van ons tweespoor paadjie, teen n lang afdraend, hier staan ons koskar verlate soos n eensame Welwitchia. Die sleephaak van die span se voertuig het afgebreek en hulle het hom net daar gelos. Met al die handeige manne op ons toer neem dit minute om n plan te maak en ons sleep hom self verder tot by Xaragu.

Vanaand is die span pootuit. Daar word nie baie praatjies gemaak om die kampvuur nie en ligteuit is sommer vroegaand. Môre lê daar nuwe avonture voor, en men moet uitgerus wees daarvoor.

 

Dag 8 Saterdag 19 Mei

Lewer kommentaar

Nadat ons gisteraand by die White Lady Lodge and Camping aangekom het verneem ons dat die Woestynolifante wat normaalweg in die omgewing is, nie baie ver is nie en ons besluit ons om môreoggend 0ns roete so bietjie aan te pas en die olifante te gaan soek. In plaas van om wes in die Ugab te begin ry, verander ons die rigting na oos en gaan soek olifante. Ons kry spore, ons kry inligting, gerugte en gerugte van gerugte en is later in ‘n  area waar ons weet hulle moet binne ‘n sekere blok van 10 vierkante kilometermeter wees, maar te vergeefs. Ons beskikbare tyd haal ons in en ons moet rigting verander en die sandspore oppad na die Rhino Camp neem. Die roete is een van dik sand, moeras, klippe, en klippe, en nog  ‘n keer klippe. Dis egter ‘n roete vol verrassings met reuse kontraste. Nie lank nie of ons sien die eerste Welwitchias. Die groep is opgewonde, min wetend dat daar nog honderde en grotes op hulle wag. Soveel van ‘n klipwoestyn het min van ons al beleef. Selfs n skuurklip wat die diere al so blink soos sommige ouens se koppe geskuur het. Die pad het by die oomblik n groter uitdaging geraak maar uiteindelik sak ons finaal af tot by die Ugab en binne in die Kampeer terein van die “Rhino Trust”. Heerlike warm storte en “long drops” wat alles baie netjies versorg is, is ‘n pluimpie vir hierdie kampterein wat kilometer vewyder is van enige ondersteuningsdienste. Almal is veilig en sonder enige  skade aan enige voertuig in die kamp…..maar ons kosspan is nie daar nie. Die reëling was dat die kosspan altyd voor ons groep in die kamp sal wees… Die gesprekke verander skielik van klipperige paaie en 36 grade, na ” watse kos het julle in julle karre wat ons met mekaar kan deel.

Na satelietfoonoproepe spoor ons hom op en vind dat hy verdwaal het. Uiteindelik daag hy op en niemand hoef hulle voorraad uit te pak nie. Die dames spring in en help braaibroodjies maaak, Johan Potlood en Bernard maak vuur en help braai. Op die ou einde geniet almal die laat ete en is bed toe met ‘n effense versigtigheid na n vroeere waarskuwing van die kamppersoneel oor leeuspore wat die vorige oggend in die terein gesien is.

Dag 7 Vrydag 18 Mei

5 Kommentaar

Dis Vrydag en ons sukkel om te verstaan dat ons toer al so te sê halfpad is. Ons ontmoet ‘n wittebrood paartjie Danie en Christel, wat die bos bo ‘n eksotiese eilandvakansie kies en saam word daar besluit hulle sal die volgende dag of twee saam met ons ry. Hannes Nieuwoudt open ons dag met sy treffende manier en nadat almal gepak het, word daar eers fotos geneem by die bekende rotsboog. Almal moes maar willens en wetens die rotse aandurf en ons nuutgevonde toervriendin op wittebrood word onmiddelik ingespan as fotograaf. Daarna ry ons bietjie rond,bewonder die rotsformasies en gaan kyk n klompie Boesmantekeninge.  Daarna is dit n tweespoorpad wat lei na Uis. Ons bereik Uis egter nie sonder’ n aansienlike tydjie wat in die Omarururivier spandeer word met voertuie wat in die swaar riviersand vasval nie. Ons nuttig sommer ons middagete in kospakkies daar in die rivier en uiteindelik is ons weer almal in die pad. Op Uis lyk dit soos ‘n inval toe 20 voerrtuie die enkele dieselpomp op die dorp bestorm. Daar word ondehandel met die plaaslike gesteentesmouse en na ‘n volle uur vertrek ons na die White Lady Lodge in die Ugab rivier. Daar aangekom wag Uri se span ons in en daar word lekker om die vuur gekuier en stories vertel voordat aandete bedien word. Dan….is dit slaaptyd.

Dag 6 Donderdag 17 Mei

Lewer kommentaar

Vroegoggend is dit ons eerste regte Kampontbyt. Al die voriges was mos in die verskillende lodges, maar vanoggend is dit Uri Adventures se beurt met “Jakkals” en Patric aan die stuur van sake. Ons luister na ‘n besondere boodskap deur Schalk Strauss en daarna word Wally Berster gelukgewens met sy verjaardag. Hy ontvang ‘n geskenkie van die groep en ons is gereed om die roete oppad na die Spitskoppe aan te durf. Die roete neem ons deur die Swakoprivier en later deur die Kahnrivier. Die asemrowende natuurskoon met rotsformasies wat min mense wat slegs per teerpad, Swakop toe ry ooit sien.  In die riviere sien ons keer op keer op keer groepies klipspringers sowels as springbokke en volstruise. Ons maak middagete by die laaste beskikbare bome voor ons weer terugdraai met die pad van die Valentiamyn, teerpad toe.  Dit neem ons 4 ure om die 100 km af te lê. Na ‘n verder tweespoor plaaspad oor ene mnr Maletsky se plaas, bereik ons die Spitskoppe. Die pad is geskraap, die water is afgelewer, alles soos ons vooruit gereël het…maar helaas, die toilette is ‘n absolute riller en storte bestaan nie. Die Spitzkoppe is 1784 m hoër as die grondvlak in die omgewing en daar is talle Boesmantekeninge. Vanaand is daar lekker om n groot vuur gekuier met Yvonne Bester wat Wally se verjaardag afsluit met koekvreugde wat jy nie sommer in die bos sal kry nie.

Older Entries