Soos gebruiklik op ons toere is die klomp vroeg op en na ontbyt hou Johan Potlood vir ons ‘n erediens wat weereens almal aan die dink sit en selfondersoek laat doen. Na die diens is almal vinnig gereed om die veelbesproke Divorce Pass aan te durf. Ons wonner almal waar die naam regtig vandaan kom. Voordat ons egter by die pas uitkom besoek ons eers die uitgewerkte en geslote my van Brandberg-Wes. Sommige ry af in die oopgroef tot onder by die water maar niemand is lus om so vroeg op n Sondagoggend hulle lywe in die water te waag nie. Ons kyk klaar en vertrek op ons roete na Xaragu wat kamplek vir die aand naby Twyfelfontein en net noord van die Abba Hoabrivier geleë is. Die eerste deel is reeds effens moeilik maar heel begaanbaar met self n Volkswagen Tiguan wat ons volg.

Onder in die Ugabrivier steek die Tiguan ons verby en storm die eerste deel van die werlike pas. Ons is stom van verbasing. Vir ons is dit klim en klouter teen die pas uit met diep gate en groot klippe. Die eerste bandverlies van die toer vind dan ook juis op hierdie roete plaas. Teen die tyd dat Anita en Ansie agterkom dat hulle voertuig se regtervoorwiel pap is was die band nie juis meer vreeslik herkenbaar as n buitenband nie.

Die omgewing kan net beskryf word as ‘n broeiplek van klippe. Dis klippe in alle formate en formasies. Die tempratuur styg by tye tot 37 grade maar almal druk deur.

Dan skielik ons verrassing van die dag. In die middel van ons tweespoor paadjie, teen n lang afdraend, hier staan ons koskar verlate soos n eensame Welwitchia. Die sleephaak van die span se voertuig het afgebreek en hulle het hom net daar gelos. Met al die handeige manne op ons toer neem dit minute om n plan te maak en ons sleep hom self verder tot by Xaragu.

Vanaand is die span pootuit. Daar word nie baie praatjies gemaak om die kampvuur nie en ligteuit is sommer vroegaand. Môre lê daar nuwe avonture voor, en men moet uitgerus wees daarvoor.